quote

JohanMarais

Johan Marais het in 1992 by Sanlam begin werk as verteenwoordiger, waarna hy in 1996  besluit het om ‘n onafhanklike makelaar te word. Die behoefte was groot onder kliënte om uit ‘n groter verskeidenheid van produkte by ‘n wyer reeks maatskappye te kon kies en daarom is besluit om as onafhanklike finansiële adviseur kliënte te bedien. Johan het in 2010 gekwalifiseer as 'n Gesertifiseerde Finansiële Beplanner, CFP®.

In 2006 het ons kantore in Bearestraat 44 betree en bedien sedertdien ons kliënte vanaf hierdie perseel. Johan het in 2014 verhuis na Montagu en in 2015 ‘n JMFS kantoor in Worcester gevestig. Lenie du Preez is verantwoordelik vir kliëntediens in Kuruman. Vicki Oelofse hanteer kliëntesake in Worcester en Johan en Daleen is betrokke by beide Montagu en Worcester kantore.  Johan reis na Kuruman op ‘n gereelde basis om kliënte daar te diens.

Ons spesialiseer in die volgende:

Boedel-en testament beplanning, Aftreebeplanning, Beleggingsbeplanning, Mediese sorg en Batebeskerming.
Ons bied die volgende dienste en produkte aan ons kliënte:
1. Korttermyn versekering - persoonlik en besigheid
2. Mediese fondse
3. Lewensversekering - persoonlik en besigheidsversekering
4. Belegging en spaarprodukte
5. PPS vir professionele beroepe.

Ons fasiliteer die opstel van testamente, trusts inter vivo, rekenkundige dienste en maak gebruik van ons sakevennote om op ‘n professionele wyse met ons kliënte te skakel.


Ons is geafilieerde en geakrediteerde lede van die volgende instansies: The Financial Planning Institute, The Financial Intermediaries Association of Southern Africa, Masthead, Financial Services Board en Council for Medical Schemes.

Ons FSB lisensie nommer is 21024 en ons nakoming word deur Masthead hanteer.

 

Kontakbesonderhede

 Montagu

Joubert Straat 17, Montagu

Tel : 023 614 1074

Faks : 086 7200 069

johan@jmfs.co.za

daleen@jmfs.co.za

Worcester

Stalsstraat Straat 35, Worcester

Tel : 023 347 6302
Faks : 086 7200 069

vicki@jmfs.co.za

Kuruman

Bearestraat 44, Kuruman

Tel : 053 712 0534

Faks : 086 720 0069

lenie@jmfs.co.za

Skakels

Aanlyn navrae 0

Aanlyn versoeke 0

Aflaaibare vorms 0

      JMFS SPAN  
   johan2  Vicki  Lenie  Daleen  
         
 cms fpi logo new masthead  fsb fia